DANS MET KAMELE – Lesse van volharding op  ́n geloofsreis tussen die sienlike en onsienlike.

DANS MET KAMELE – Lesse van volharding op ́n geloofsreis tussen die sienlike en onsienlike.

July 21, 2020 Off By Mike

Please note that the book is also available in English – Dancing with Camels

“Een van die mees uitdagende boeke wat ek nog gelees het”  –  Pastoor Christo Walters, Sending leier Witbank, Suid Afrika

DANS MET KAMELE

Na drie jaar se wag is Dancing with Camels uiteindelik in Afrikaans beskikbaar.

‘n Sleutel beginsel binne die proses van dissipelskap, wat dikwels onder Westerse Christene afgeskeep word, is om goddelike deugde nie vinniger na te jaag as wat hulle toegepas kan word nie.

Drie basiese stappe op die pad van geestelike groei is om elke les te  bepeins, te bemeester en te beoefen – En om eers dan te beweeg na die volgende les.

Met soveel Christelike boeke, tydskrifte, video’s, musiek en leringe  vandag beskikbaar, bekom Christene dikwels meer teoretiese kennis as wat hulle kan bemeester of beoefen.   Dit veroorsaak geestelike vetsug.  Die riglyne vir die lees van hierdie boek is dus om slegs een hoofstuk per week te lees en dan daardie beginsel in die praktyk toe te pas.

Dit is ewe belangrik om te weet dat alle Bybelse beginsels op alle Christus-volgelinge betrekking het, ten spyte daarvan dat die toepassing van sommige lesse binne verskillende kulture mag verskil.

Wanneer kamele dans’ is ‘n Arabiese uitdrukking wat die opgewondenheid van die nomadiese woestynbewoners beskryf voordat hulle op ’n nuwe uittog vertrek.  Daar is die opgewondenheid van ’n nuwe reis wat voorlê maar ook die wete dat die reis nie sonder sy gevare en uitdagings sal wees nie.

Die kombinasie van afwagting en verwagting maak dat kamele dans.

Vir die wat dit waag om op ’n geloofsreis saam met Christus te gaan, is daar ook die unieke geleentheid ‘om met kamele te dans’, om tussen die bekende en die onbekende, en tussen veiligheid en die gevare wat mag voorlê, te beweeg.

Die boek bevat 52 hoofstukke, een les per week vir die volgende jaar:

  • Die eerste 7 hoofstukke bespreek DIE SEWE VOORBEREIDINGS vir die reis: koste berekening, self verloëning, nuwe denke, struikelblokke, deugde en goddelikheid.
  • Dan volg SEWE HINDERNISSE wat elke Christen kan verwag: laster, vervolging, vrees, isolasie, armoede, versoeking en skande
  • Saam met die uitdagings kom SEWE HULPMIDDELS wat ons help om staande te bly: die Woord van God, Pinkster, die krag van God, die vrede van God, die teenwoordigheid van God, die gemeente van God en die beloftes van God
  • Verder word SEWE SLEUTELS voorsien wat die roete sal bepaal : leerbaarheid, aanbidding, gebed, wysheid, dissipline, genot en vergifnis
  • Ewe belangrik is SEWE KLEDINGSTUKKE vir die reis: nederigheid, gebrokenheid, liefdadigheid, sielesmart, eenvoud, integriteit en liefde 
  • Daar is ook SEWE WENKE vir wanneer die reis rof raak: geduld, volharding, besitneming, gehoorsaamheid, offers en diensbaarheid
  • En dan die laaste SEWE VOORNEMENS: tevredenheid, vertroue, vrug, visie, heiligmaking, onderskeiding en sagmoedigheid.

Kontak Mike by thirdwayinfo@gmail.com om jou kopie te bestel – R150.00 per boek plus posgeld

Hier volg die inhoud van die boek: